J Swanepoel skryf per e-pos:
Ek het vanoggend (Maandag 20 Junie) ’n swartsak met die oorskot van ’n dier in Bedfordstraat sien lê.
My vraag is hoe kan mense sulke goed langs die pad los?
Enige troeteldier kan aan daardie stinkende goed gaan eet en siek word of doodgaan.
Wat gaan aan met die mense daar buite? Daar is tog ’n ding soos ’n asblik.
Waarom dit net so op die sypaadjie los?
En alles van die bees (of wat dit ookal is) is in die sak. Dit sluit die ingewande, stert en bene asook kopbeen in.
Ek kan nie verstaan waarom mense dit doen nie, dit is walglik.
Lees ook:
Animal remains litter Brakpan street
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



