LettersOpinion

Brakkie wat ontsnap weer veilig

Dit is goed om te weet dat daar nog mense is wat omgee.

Wilma en Mark Moore van Hospitaalweg skryf:

Daar is beslis nog baie eerlike mense wat omgee in ons dorp.

Ek en my man het Sondagoggend vroeg by ons huis in Hospitaalweg gery en ons nuwe agt weke oue Labrador het dit reggekry om deur die palisade heining te glip.

Weldoeners het dit gesien en ook gesien hoe die hond reguit na die pad hardloop.

Die mense het stilgehou en ons hond opgetel en by ons huis gaan aanklop.

Ons het eers laat die middag na ons huis teruggekeer en die mense het ons hond toe vir ons terug gebring en verduidelik wat gebeur het.

Ons was so bly om die hondjie weer terug te kry dat ons skoon vergeet het om te vra wie die mense is. Ons het hulle ook nie eens behoorlik bedank nie.

Ek wil graag deur middel van hierdie brief ons hartlike dank uitspreek.

Dit is goed om te weet dat daar nog mense is wat omgee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button