LettersOpinion

Diewe gaps asblik keer op keer

Ek moet elke keer met ‘n groot gesukkel ‘n ander blik bekom.

Wilma Adendorf, Dalview, skryf:

Ons swart wieletjie-asblik (wheelie bin) is nou al vir die derde keer in twee maande se tyd gesteel.

Bure van ons se blik is ook so drie weke gelede gesteel.

Ons het die blik duidelik gemerk met ons huisnommer en straatnaam maar dit help net mooi niks nie.

Ek en my man werk albei en ons moet ongelukkig die blik uitsit wanneer ons vroeg in die oggende ry.

Ek glo die ongereelde vullisverwyderingsdiens kon iets daarmee te doen gehad het.

Die punt is net dit is my blik. Ek moet elke keer met ‘n groot gesukkel ‘n ander blik bekom.

Iemand het vir my gesê dat die skelms die wieletjies afhaal en gebruik. Of dit waar is weet ek nie.

Ons oorweeg dit nou om ‘n kamera te laat installeer sodat ons kan sien wie die skuldige is.

Nie dat ons die persoon ooit seker sal kan vang nie.

Lees ook: Dief gryp asblik en hol weg

Vullisblikke sonder wiele frusteer inwoners

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button