Jy kan dalk net jou nek breek
Rassie van Graan, Brenthurst, skryf: Dit lyk of almal nou dink die hele dorp is ‘n asblik.

Rassie van Graan, Brenthurst, skryf:
Ek sak deesdae my kop in skaamte wanneer ek vir mense sê ek bly in Brakpan. My besigheid word ook vanuit die dorp bedryf en dit maak dit erger.
Die twee hoofstrate van die dorp, naamlik Prince Georgelaan en Voortrekkerweg, is besaai met vuilgoed. Ek het lanklaas die dorp in so ‘n toestand gesien.
Hierdie is tog die twee roetes wat besoekers die dorp inbring. Wat moet hulle nie dink nie.
Die sypaadjies is volgepak met meubels en as jy nie kyk waar jy loop nie is die kanse baie goed dat jy jou nek sal breek.
Daar is nie ‘n tekort aan asblikke in die dorp nie, maar dit word nie leeggemaak nie. Dit lyk of almal nou dink die hele dorp is ‘n asblik.
Nee man, dit kan nie so aangaan nie. Nie net lyk dit vieslik nie maar daar kan ook siektes uitbroei.
‘n Plan moet baie drasties gemaak word.
Redakteur se nota: ‘n Skoonmaak-projek word beplan vir 20 Mei.
KYK NA FOTO’S: Die dorp is in ‘n haglike toestand
Volg ons:



