Editor's noteLettersOpinion

Vrou wat handsak in toilet vergeet kry verrassing

Cathy Malan skryf per e-pos: Ek het my handsak bo-op die spoelbak vergeet en het weggestap sonder om agter te kom dat ek nie my handsak by my gehad het nie.

Cathy Malan skryf per e-pos:

Verlede Vrydag was ek en my dogter by die Mall@Carnival en het die toilet gebruik.

Ek het my handsak bo-op die spoelbak vergeet en het weggestap sonder om agter te kom dat ek nie my handsak by my gehad het nie. Ek het ’n groot winkelsak by my gehad.

Ons was al naby die uitgang toe ’n vrou my nader, met my handsak en vir my vra of dit aan my behoort.

Sy vra toe nog verskoning dat sy my handsak moes oopmaak om my identiteitsboekie te kry sodat sy kon sien hoe die eienaar van die handsak lyk.

Ek dink haar naam is Leonor. Ek wil net vir die vrou sê: Jy is soos ’n engel gestuur en mag die Here jou gesin met goedheid en guns seën.

Soos ’n vrou se handsak maar is, is my hele lewe daarin.

Vir my is jy soos gister, vandag en môre. Ek sal jou en jou goeie daad nooit vergeet nie.

Dit is goed om te weet dat daar nog sulke pragtige mense daar buite is wat uit hul pad sal gaan om so ’n wonderlike daad te verrig. Baie dankie!

Lees ook:

Karwag kom tot die redding

Jong man ruil pap band in ‘n japtrap

Vrou verstom oor geld

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button