Editor's noteLettersOpinion

Dief: Bring asseblief ons Bybels terug

Johan en Amanda Stapelberg skryf per e-pos: Meneer Skelm, jy het seker maar my kar nodig gehad vir watter doel ookal, maar bring ten minste asseblief net my Bybels en Psalmboeke terug.

Johan en Amanda Stapelberg skryf per e-pos:

Ek skryf die brief in die hoop dat iemand wat dalk iets gesien het sal reageer.

My kar, ‘n blou Toyota Tazz, is Saterdagmiddag voor Toymar woonstelle in Muir Laan gesteel.

Ek is verskriklik hartseer en het ook die hele middag omgehuil (nie dat dit my veel gehelp het nie, maar nou ja).

Ons het daardie kar 20 jaar gehad en het dit in ‘n goeie toestand probeer hou omdat dit ons enigste vervoermiddel is.

Ons werk vir wat ons wil hê, maar ongelukkig, soos so baie mense, kan ons nie ‘n ander kar koop nie, want ons kan dit net eenvoudig nie bekostig nie.

Wat my egter meer hartseer maak is die feit dat ons kerksakkies met ons Bybels en Psalmboeke in die kar was.

Dit het ons in 2005 gekry toe APK se nuwe Psalmboeke ingewy is.

My Bybel wat in die sakkie is, is ook al baie oud. My man se Psalmboek en Bybel is grootdruk en kos baie om te vervang.

My dogter se Bybel het sy gekry met haar doop negentien jaar gelede en is vir haar baie waardevol.

Meneer Skelm, jy het seker maar my kar nodig gehad vir watter doel ookal, maar bring ten minste asseblief net my Bybels en Psalmboeke terug.

Dit het vir jou geen waarde nie, want as jy iemand se kar steel is jy nie ‘n Christen nie, jy’s die duiwel se handlanger.

Jy kan dit by die woonstelle se hek kom neersit dat ek dit asseblief kan kry.

Ek sluit ‘n foto van my kar in, as iemand dalk iets gewaar.

My Bybel sakkies is pienk, bruin-en-turkoois en swart en ons name is voor in die Psalmboeke geskryf met die datum 15 Mei 2005.

My dogter se naam en doopdatum en die kerk se embleem is voor in haar bybel geplak.

Al het jy nie ‘n gewete nie, bring net my goed terug asseblief.

Lees ook: 

Vrou se brief aan astrante dief bring rustigheid

‘n Brief aan alle rowers daar buite

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button