Man wat hond skop ontstel kinders
Diereliefhebber, Brenthurst skryf: Geen dier behoort geskop of geslaan te word nie.

Diereliefhebber, Brenthurst skryf:
Ek wil my misnoeë uitspreek teenoor ‘n persoon wat eintlik nie verdien om ‘n persoon genoem te word nie.
Ek en my gesin het Sondagoggend met ons fietse gaan ry en ons was op ‘n stadium in die voetpaadjie langs die begraafplaas in Brenthurst.
Daar was ‘n man en vrou wat met hul hond (‘n groot bruin hond) gestap het.
Die arme hond was seker nie gewoond aan die band om die nek nie of die dier was moeg.
Die jong man het die hond twee keer geskop en op die hond geskreeu.
Dit het my twee kinders (8 en 12) erg ontstel. Selfs hulle weet dat diere nie so behandel moet word nie.
Ek wou die man aanspreek, maar hy het aggressief voorgekom en het besluit om dit nie te doen nie.
Ek hoop regtig dat hy hierdie brief sal lees en voortaan sy hond beter behandel.
Dit is wel ‘n hond, maar geen dier behoort geskop of geslaan te word nie.
Lees ook:
Hondjie in warm kar toegesluit
Volg ons:



