
Alet van der Walt skryf per e-pos:
Ek was verlede Saterdag by die Mall@Carnival en het my motorsleutels bo op my kar se dak gelaat nadat ek my voertuig gesluit het.
My aandag is deur ’n selfoonoproep afgetrek en ek het nie besef my sleutels is op die dak nie.
’n Oplettende karwag het dit gesien en geduldig by my voertuig gewag totdat ek, na omtrent ’n uur, teruggekeer het.
Ek het toe eers besef wat ek gedoen het. Natuurlik was ek baie dankbaar.
Daardie mense moet in die winter die koue trotseer en in die somer weer die hitte, teen minimale betaling.
Ek kyk sedertdien met ander oë na karwagte.
Lees ook: Karwag kom tot die redding
Vrou wat handsak in toilet vergeet kry verrassing
Eerlike persoon handig in bos sleutels
Volg ons:



