LettersOpinion

Goeie diens ervaar by Binnelandse Sake

Elke personeellid waarmee ek te doen gekry het was vriendelik, hulpvaardig en baie bekwaam.

Michelle van Sittert skryf per e-pos:

Ek het onlangs Brakpan Binnelandse Sake besoek om aansoek te doen vir my ID-slimkaart.

Ten spyte van die feit dat die personeel gesukkel het met rekenaars wat kort-kort van lyn af was, het die hele proses slegs een uur geneem.

Elke personeellid waarmee ek te doen gekry het was vriendelik, hulpvaardig en baie bekwaam.

Ek het drie jaar gelede my paspoort ook by hierdie kantoor hernu en het dieselfde goeie diens ervaar.

Baie dankie vir julle standaard van goeie dien.

Doen so voort.

Lees ook:

Die algemene toestand van die dorp is skokkend

Vrou se brief aan astrante dief bring rustigheid

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button