
Ek het Sondagoggend langs ’n man en vrou stilgehou en iets gesien wat my baie ontstel het.
Ek is normaalweg nie ’n persoon wat my aan ander mense se doen en late steur nie maar ek kan nie stilbly oor wat ek gesien het nie.
Dit was in Stoffberglaan, by die duikweg en ons het gewag by die verkeerslig.
’n Jong paartjie, wat in ’n rooi Kia was, het langs ons stilgehou. Die vrou het ’n kind, wat ongeveer ’n jaar oud is, op haar skoot gehad.
Daardie dogtertjie moes agter in ’n veilige karstoeltjie gesit het en nié op haar ma se skoot nie.
My ontnugtering het ongelukkig nie daar opgehou nie.
Beide die man en vrou het gerook, dat die bolle rook so trek, en die vensters van hul voertuig was toe. Dit hou sekerlik nadelige nagevolge vir daardie arme kleintjie in.
Asof dit nie genoeg was nie het die man, wat bestuur het, ’n groot sluk bier, wat seker tussen sy bene gestaan het, geneem.
So die kind was nie in ’n karstoeltjie nie, die pa het gedrink en bestuur en beide die ouers (ek neem aan dit was die kind se ouers) het die kind se gesondheid benadeel deur te rook.
Het die mense dan geen sin vir verantwoordelikheid nie? Ek hoop hulle lees hierdie brief en ek hoop dat hulle in die vervolg twee keer sal dink.
Lees ook: Man wat hond skop ontstel kinders
Kapers ruk twee jong kinders uit voertuig
Sommige ouers gee nie ‘n ‘hel’ om nie
Volg ons:



