Editor's noteLettersOpinion

Ou wandellaan is vuil en stink

Wandellaan is nie meer dieselfde plek soos in die ou dae nie.

Ongelukkig skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van 16 Februarie (Councillor bemoans lack of service delivery in the CBD).

Ons bly in ’n woonstel naby die ou wandellaan en ons voel nie meer veilig nie. Omdat ons nie ’n kar het nie moet ons loop om ons goed te koop.

Ons gaan gewoonlik na Shoprite Checkers en dit is nie lekker om in die die wandellaan of in die strate daar naby te loop nie.

Ek is 51 jaar oud en my man is 60. Ons is nie gesond nie en my man loop swaar maar hy moet saam met my loop want ek kan dit nie alleen daar waag nie.

Daar is altyd dronk mense en daar is altyd mense wat dwelmmiddels aan jou wil verkoop. Die plek is vuil en stink en dit is net nie meer ’n goeie plek soos in die ou dae nie.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button