Editor's choiceLettersOpinion

Red die ou biblioteekgebou

Trotse inwoner, Brakpan-sentraal skryf:

Dit is met groot kommer dat ek die daaglikse agteruitgang van die ou biblioteekgebou in Parkstraat aanskou.

Ek het daardie biblioteek vir jare besoek en alhoewel dit die laaste paar jare agteruit gegaan het, is dit nog steeds ’n plek met soveel karakter en geskiedenis.

Die nuwe biblioteek, wat ek ook gereeld besoek, het nie naastenby die atmosfeer of karakter van die ou een nie.

Dit is baie ontstellend om te sien hoe die plek na net ’n paar maande daarna uitsien.

Ek glo dit is net ’n kwessie van tyd voordat leeglêers dit gaan oopbreek en die binnekant van die gebou begin vernietig.

Lees ook: Mayor visits town to open library

Dis deel van die dorp se geskiedenis en ek voel dat daar vinnig plan gemaak moet word om die gebou vir ons nageslagte te bewaar.

Dan moet ek darem ook ’n pluimpie aan die Ekurhuleni metro gee.

Die sloping van die kiosks in die wandellaan was deur en deur die moeite werd.

Lees ook: Ou wandellaan is vuil en stink

Die plek het baie sleg daarna uitgesien. Ek hoop en vertrou dat die stap daartoe sal lei dat die plek nie meer ’n nes vir slordige leeglêers sal wees nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button