Drawwer tree onverantwoordelik op
Die drawwer het in die middel van die pad gedraf en die motoris se lewe in gevaar gestel.

Motoris, Dalpark skryf:
Ek het groot bewondering vir mense wat draf en ‘n gesonde leefstyl probeer handhaaf maar ek het ‘n probleem daarmee as hierdie mense my lewe in gevaar stel.
Ek skryf hierdie brief met die hoop dat die man met die rooi hemp, wat Saterdagoggend in Athlonelaan gedraf het, dit sal lees.
Lees ook: Kinders moet lank in voertuig sit
Meneer jy het teen aankomende verkeer gedraf. Dit kan ek nog verstaan maar waarom jy in die middel van die pad moet draf, kan ek nie verstaan nie. Ek moes uitswaai vir jou en het amper in ‘n ander kar vasgery. My twee jong kinders was saam met my in my voertuig.
Ek het jou dopgehou in my tru spieëltjie en jy het voort gegaan om in die middel van die pad te draf.
Dit help nie jy probeer fiks en gesond bly terwyl jy jou eie lewe en die van ander in gevaar stel nie.
Gaan draf tog op ‘n veilige plek.
Volg ons:



