Kinders wat honde terg soek moeilikheid
Kinders wat honde terg is een van die hoofredes waarom honde kinders byt.
Besorgde inwoner skryf per e-pos:
Ek is ’n inwoner van Brenthurst en dit het onder my aandag gekom dat daar skoolkinders is wat in die dag verby my huis loop en my honde terg.
Dit maak my baie bekommerd aangesien ons by die honde-skool geleer is dat dit een van die hoof redes is waarom kinders deur honde gebyt word.
Ek praat ook uit ondervinding. Een van my eie familielede se dogtertjies is ’n paar jaar gelede ernstig beseer toe sy deur ’n hond gebyt is.
Soveel so, dat sy plastiese snykunde moes ondergaan aan haar gesiggie.
Die hond het haar gesien as een van die kinders wat altyd verby die huis geloop en hom geterg het.
Ek voel sterk dat kinders, en volwassenes, ingelig moet word hieroor. Hulle sê olifante vergeet nooit, maar honde vergeet nog minder.
Lees ook: Morries gedenk Hemelvaartdag
Volg ons:



