
Adriaan Vermeulen skryf per e-pos:
Ek verwys na die berig op die voorblad van die Herald van 3 Augustus (Brakpan SAPS is number one). Welgedaan aan elke polisiebeampte wat ’n toekenning ontvang het.
Jul harde werk gaan veel te dikwels ongesiens verby en mense is so geneig om gou vinger te wys na die SAPD wanneer dinge nie reg loop nie.
Die trio taakspan het nog altyd my respek afgedwing en dit is jammer dat hulle nie gewen het nie maar gelukkig weet ons almal hoe toegewyd die span is.
Dit is lekker om in ’n dorp te bly en te weet dat daar ’n goed funksionerende polisiestasie is.
Doen so voort.
Volg ons:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



