LettersOpinion

Radio Groep lede verdien ’n pluimpie

Die Brakpan Radio groep het hul tyd, krag en voertuie opgeoffer vir 'n goeie daad.

Jana Vermeulen skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 26 Oktober (Radio group rallies to save books).

Dit is met groot dankbaarheid dat ek gelees het dat daar nog mense is wat ruggraat het en doen wat gedoen moet word.

Mense van vandag (en ek sluit myself nie uit nie) is baie geneig om terug te sit en sien of iets gaan gebeur.

My kinders het daardie biblioteek omtrent elke week besoek om hulle take te doen. Die plek was amper soos ’n heilige plek waar daar nog stilte en respek was.

Ek onthou die reuk van die ou biblioteek maar te goed en ek moet sê ek was geskok toe ek sien hoe die plek agter gelaat is.

Ek wil vir elke persoon van die Radio Groep wat gehelp het dankie sê. Julle het julle tyd, krag en voertuie opgeoffer om ’n wonderlike daad te verrig.

Net solank julle weet dat daar baie mense is wat baie groot waardering het vir dit wat julle gedoen het.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button