Inwoner van Brakpan skryf per e-pos:
Namens die inwoners van die areas geleë om en naby die Brakpan Dam en die park area van die dam wens ek om onder die aandag van die gesondheidsdepartement van die metro te bring dat ons almal wat naby die dam bly hierdie jaar ‘n ongekende plaag van muskiete ervaar.
Ek voel dat die water en plekke wat soos vleilande lyk en waar die gras welig groei onmiddellik gespuit en behandel moet word want daar is ontsettend baie muskiete.
‘n Verdere kwessie is dat ons nie elke aand insekdoder kan spuit nie want dit veroorsaak weer verdere gesondheidsprobleme.
Die gesondheidsdepartement moet dus asseblief onmiddellik aandag gee aan die muskietplaag.
Redakteur se nota: Die Herald het die brief aan die Ekurhuleni Metro vir kommentaar gestuur. Die volgende kommentaar, wat nie die leser se klagte aanspreek nie, is ontvang:
Die Metro is bewus van die hiasinte probleem by die Jan Smuts Park. ’n Diensverskaffer is aangestel om die verwydering van die hiasinte te onderneem en die werk sal binne die volgende paar weke hervat word.
Die Metro het ook onlangs twee bote aangekoop waarvan een ’n 12-sitplek snelboot is, wat toegerus is om onkruiddoder op die indringer plante te spuit.
Lees ook: Besigheidsman oorlede
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



