Inwoner skryf per e-pos:
Wat is besig om te word van ons mensdom?
My gesin het vanjaar nie weg gegaan vir die vakansie nie maar die rusdae waarna ons uitgesien het, het vir ons hel geword.
Ons bure het twee dae voor Kersfees begin partytjie hou en tot na Nuwejaarsdag aangehou. Daar was elke dag klipharde musiek, die drank het gevloei en daarna het die geskreeu en bakleiery begin.
Ons kinders is nog jonk en die gevloek en geskel was vreeslik.
Het mense nie meer respek vir mekaar en vir hul medemens nie?
Wat ek ook nie kan verstaan nie is dat die mense gereeld suiker of ‘n paar snye brood of so iets kom vra maar geld vir drank is nie ‘n probleem nie.
Ek en my man geniet ook ‘n drankie maar ons slaan mekaar nie met die bottel wanneer dit leeg is nie.
Die mense se gedrag was skandelik en ons vakansie was nie lekker nie.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



