Dankbare ma skryf per e-pos:
Met verwysing na die berig in die Herald van 19 April (’n Ma se lewe saam met outistiese kind)
Wat my eerste opgeval het was die dierbare gesiggie van Francois Moorcroft. So ’n mooi seuntjie wat gelukkig glimlag op die foto. Die berig het my werklik diep geraak.
Ek het een keer tevore ’n film gekyk waarin ’n outistiese kind ’n rol vertolk het, maar dit is iets waaraan ek nie baie dink nie omdat ek nie daarmee te make het nie. En ek glo dit is ook die geval vir baie ander mense.
Wat my opgeval het is hierdie ma se toewyding. Ek haal my hoed af vir haar. Ek het twee normale kinders groot gemaak en dit was harde werk.
Die berig het veroorsaak dat ek dadelik meer gaan lees het oor outisme.
Die ouers wat sulke kinders moet groot maak is baie spesiale mense.
En die onderwysers wat spesiale onderrig aan hierdie kinders gee verdien elkeen ’n medalje.
Ek haal my hoed af vir julle.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



