Editor's choiceLettersOpinion

Jong mans kom tot bejaarde se redding

Dis goed om te weet dat daar nog goeie mense daar buite is.

Anja Pretorius, Brakpan-sentraal, skryf per e-pos:

My bejaarde pa (78) het onlangs sy sleutels in sy voertuig toegesluit toe hy by die Shoprite Checkers was.

Daar was twee jong mans wat probeer het om die sleutel uit te kry, maar hulle kon dit nie regkry nie. Hulle het toe my pa na ons huis (hy woon by ons) gebring sodat hy die spaarsleutel kon kry.

Ek was nie by die huis nie en het eers te hore gekom van hul goeie daad toe my pa later na die huis teruggekeer het.

Hy het wel die twee mans bedank maar het nie hul kontakbesonderhede geneem nie.

Hoe gaaf is dit nie dat daar nog mense met goeie harte in die samelewing is nie?

Die gedagte dat my pa saam met vreemde mense in ’n kar geklim het, het my benoud gelaat, maar dit is duidelik dat dit net mense was wat wou help.

Ek hoop dat hulle hierdie brief sal lees en weet dat ons dankbaar is.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button