Editor's choiceLettersOpinion

Karwasser kom tot die redding

So ja, goeie dinge gebeur nog in ons land waar als soms so negatief is.

Oud-Stoffberger skryf per e-pos:

Ek moes ’n paar dae gelede vinnig iets vir my man gaan oplaai in Bruma.

Ek gryp net die motor se sleutels en my lisensie, want ek gaan mos gou ry en gou terugkom en met genoeg petrol in die motor het ek nie ’n beursie of handsak nodig nie (maar helaas verkeerde aanname).

Op pad terug neem ek die verkeerde pad oor die brug by Eastgate en beland voor ’n “betaalhek”.

Ek besluit, ag wat, gewoonlik is die eerste 15 minute of so gratis so ek gaan net gou omdraai.

Wel, dis net waar ek die fout maak, want na ek deur is, besef ek dis R8 selfs vir vyf minute.

Geen kaart, beursie of handsak nie!

Hoe nou gemaak?

Lees ook: Vrou wat handsak in toilet vergeet kry verrassing

Ek raap en skraap en kry R6 bymekaar in die motor … R2 kort!

Ek gaan parkeer toe maar en klim uit met eintlik geen plan en daar storm die karwasser op my af en wil met alle mag my motor was.

Ek deel haar mee as sy wil was, gaan dit gratis moet wees want ek is self kort van R2 en weet nie hoe ek die kaartjie gaan betaal om uit te kom nie.

(Ek sien in my verbeelding manlief se gesig as hy R60 se petrol moet uitry om vir my R2 te bring!)

In ieder geval, ewe rustig haal die karwasser toe R2 uit en gee vir my sonder om twee keer te dink.

Wel, ek was nog nooit so naby daaraan om op my knieë te sak voor ’n karwasser (van dankbaarheid) soos daardie dag nie.

As ek weer soontoe gaan, kry sy R50 sonder om my kar te was!

So ja, goeie dinge gebeur nog in ons land waar als soms so negatief is.

Lees ook: Lesersfoto van die week

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button