Kinders kan nie meer kinders wees
Deesdae sien ’n mens nie meer kinders, kinders wees nie.

Fransie Gordon skryf per e-pos:
Ek het in Strangelaan, Anzac, groot geword.
My ouers het van Elsburg na Brakpan getrek toe ek twee jaar oud was.
Ek het by Laerskool Kommando my skoolloopbaan begin en later aan die Stoffberg Meisieskool matriek geskryf.
Al drie my seuns was ook in Laerskool Kommando en die Hoërskool Hoogland.
Lees ook: Herinneringe opgeroep by 50-jarige reünie
Ek kan baie goed onthou hoe ons in die straat kon fietsry en hoe ons saam met die kinders van die buurt rugby en sokker in Strangelaan gespeel het.
Deesdae sien ’n mens nie meer kinders, kinders wees nie. Dis heeltemal te onveilig.
Dankie vir die Brakpan Herald wat ons altyd op hoogte hou van wat in ons dorp aangaan.
Ek sal altyd ’n Brakpanner bly.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



