
Casandra Vermeulen skryf per e-pos:
My seun is 12 jaar oud en danksy ’n dief het hy nou nie meer ’n fiets nie.
Ek hoop die persoon wat sy fiets uit ons erf in Brakpan-Noord gesteel het gaan ’n baie mislike Kersfees hê.
Ons kan seker geld bymekaar skraap om vir hom ’n ander fiets te koop, maar hy het van sy fiets gehou en hy het dit opgepas.
Lees ook: Motorfietsdiewe steel ten minste vyf motorfietse oor feesseisoen
Sy fiets het by ons voordeur gestaan toe hy gou in die huis gegaan het. Iemand moes oor die heining gespring het, want die hek was ook gesluit.
As die dief op daardie fiets gaan ry hoop ek hy val af en breek iets. As jy die fiets verkoop het hoop ek dat die geld wat jy gekry het vir jou ongeluk sal bring.
’n Mens vat nie wat nie aan jou behoort nie.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



