LettersOpinion

Die begraafplaas is in ’n toestand

Dit is tog ’n besitting wat nie aan iemand anders behoort nie en uitgelos moet word.

Mona Muller skryf per e-pos:

Ek het op 15 Desember my ouers (Du Preez) se graf by die Brakpan Begraafplaas gaan besoek om blomme daarop te plaas en wat ek gesien het was baie ontstellend.

Ek kan nie verstaan waarom die plek, waar mense ter ruste gelê word, so agteruit gaan nie.

Waar daar eens ’n houer op my ouers se grafte vir blomme was, is daar nou net ’n gat want die houer is af gesteel.

Dit is tog ’n besitting wat nie aan iemand anders behoort nie en uitgelos moet word.

Nou moet ek weer vervang (die blompot) wat ek met liefde op my ouers se graf laat plaas het omdat ek graag blomme op hul graf plaas.

My hart is stukkend oor hoe die begraafplaas nou lyk. Dit is nie aangenaam om die plek, wat in so toestand is, te besoek nie.

Lees ook: Luck has run out for lazy councillors

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button