Editor's noteLettersOpinion

Bestuurders verdien respek

Hierdie mense behoort met respek behandel te word.

Inwoner skryf per e-pos:

Ek het al verskeie kere van Uber en Bolt gebruik gemaak in Brakpan.

Ek is ’n vrou wat alleen saam met die bestuurders ry en ek het nog nooit slegte diens gekry of een keer onveilig gevoel nie. In al die gevalle was die bestuurders mans en dikwels is dit laat in die aand.

Saterdagaand is ek na my huis geneem deur ’n baie beleefde bestuurder.

Die windskerm van sy voertuig was stukkend en ek het hom daaroor uitgevra.

LEES: WATCH: Hyundai partners with Uber Air for flying cars

Hy het vir my gesê dat ’n besope man die windskerm met sy vuis stukkend geslaan het en ook geweier het om hom te betaal.

Ek het besef dat die bestuurders van die voertuie eintlik dikwels vrees vir hul eie veiligheid. Hulle weet nie of hulle ’n besope, aggressiewe of skelm persoon oplaai nie.

Hierdie mense behoort met respek behandel te word. Hulle sorg immers dat mense soos ek veilig vervoer word.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button