LettersOpinion

Simpatie vir dié sonder heenkome

Ek kan ook verstaan dat drank- en dwelmmisbruik hand aan hand hiermee gepaard gaan.

Dankbaar vir wat ek het skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 13 Maart (Haweloses neem toe by die dag).

Ons woon in Dalpark en werk in Kempton Park. Dus kom ek eintlik bitter min in die middedorp maar ek bly op hoogte deur middel van die Brakpan Herald.

Dit was vir my werklik skokkend om te lees hoeveel mense op straat moet slaap.

Ek was ook bly om te lees dat daar baie mense is wat simpatiek is teenoor die mense wat nie ’n heenkome het nie.

Wat word van ons dorp, die land en die wêreld?

Ek kan ook verstaan dat drank- en dwelmmisbruik hand aan hand hiermee gepaard gaan, want dit bied sekerlik ontvlugting, al is dit net tydelik.

Ek weet nie wat die oplossing is nie, maar ek weet dat hierdie mense bitter swaar gaan kry in die winter.

Ek bid elke aand vir hulle.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button