Oortreders moet vasgevat word
'n Mens kan dadelik agterkom wanneer 'n winkel afgewaterde handreiniger gebruik.

Alwyn Potgieter skryf per e-pos:
Met verwysing na die brief in die Herald van 3 Julie. (Sekere winkels kies kortpad).
Dankie dat die Herald die brief gepubliseer het en dankie aan die skrywer daarvan.
Dit is nodig dat winkeleienaars wat nie die veiligheid van die publiek eerste stel nie vasgevat moet word.
Ek sou so ver gaan om te sê dat hulle krimineel vervolg moet word, want nou is nie die tyd om kortpad te vat nie.
Ek en my gesin gaan so min as moontlik uit want ons probeer onsself en ander beskerm, maar partykeer kan ‘n mens nie anders nie.
‘n Mens kan dadelik agterkom wanneer ‘n winkel afgewaterde handreiniger gebruik.
Soms sidder ek om te dink wat in die houers is.
Ek wys dit hoflik van die hand, haal dan my eie handreiniger uit en spuit my hande voor die persoon wat by die deur staan.
My vrou doen dieselfde.
So weet ek dat ek en my gesin ten minste die regte ding doen.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



