
Die Brakpan Duiweklub het dié week vanaf Colesberg gevlieg.
Die aftstand is so 590km en die duiwe is om 7.15vm losgelaat.
“Die jong duiwe en ope duiwe is dié week saam gelos, want ons het in die unie vir ‘n bakkie gevlieg,” sê André Smit, van die Brakpan Duiweklub.
Die jong duiwe-afdeling is deur Thinus Janse van Rensburg gewen, met n spoed van 1 352.368mpm.
Piet Gerber was tweede en derde, en het om 13.36.09 en 14.38.11 geklok, teen snelhede van 1 343.187mpm en 1 337.025mpm.
Die ope wedvlug is deur Hennie Botha gewen.
Met dié duif het hy ook die unie gewen, maar ongelukkig was die duif nie vir die bakkie genomineer nie.
Hy het om 14.26.34 geklok, teen n spoed van 1 374.109mpm.
Hy het ook tweede plek geneem, en het 14.29.04 geklok, met ‘n spoed van 1 366.195mpm.
In derde plek was Thinus Janse van Rensburg, om 4.30.27, met ‘n spoed van 1 363.909mpm.