Buys klim die tou tot sukses
Brakpan Stoeiklub se JP Buys (17), maak ‘n groot naam vir homself in die sport.
Die stoeier, wat die Hoërskool Dr EG Jansen, in Boksburg, bywoon, is besig om homself voor te berei vir die wêreld-kampioenskappe, in Serbia.
Buys is daaroor opgewonde om sy land by die kampioenskappe te verteenwoordig .
Hy sê: “Dit is vir my ‘n groot voorreg om my oupa, Nico van der Westhuizen, as my afrigter te hê.
“My oupa was die afrigter vir die kadette wêreldspan, asook die junior wêreldspan en twee keer vir die Springbokspan na die “All Africa Games.”
Hy sê dat dit sy grootste begeerte is om vir sy oupa ‘n goue medalje huis toe te bring, vir al sy bystand en opoffering.
“Laaste maar die minste nie, wil ek baie dankie sê vir my ma, pa en ouboet Martin, vir al hul ondersteuning,” sê Buys.
Hy gaan ook vir ‘n paar weke in Limpopo, by bekende afrigter Jan Roets, oefen.
Die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie en die Saskok verleen geen finansiële bystand nie, en kostes is baie hoog.
Enige borge sal dus hoogs waardeer word.
As jy wil help om Buys se drome te bewaarheid, of as jy enige verdere navrae het, kan jy vir die sekrataris, Gussie Bartlett, by 082 337 2944 skakel.