LettersOpinion

Knap gedaan

J de Kock, Brakpan sentraal, skryf:

Ek wil graag twee lede van ‘n sekuriteitsmaatskappy van die dorp, asook die SAPD, bedank.

Ek woon in ‘n woonstel en iemand het onlangs gepoog om my voertuig te steel. Die diewe het daarin geslaag om die motor uit die woonstelparkering te stoot en dit het voor die ingang van die woonstel gestaan. Dit het gelukkig ‘n hefboomslot aangehad.

Die dief was steeds doenig by die enjinkap en toe die sekuriteitsmense verby ry het die dief hulle selfs gevra om hom te help om my voertuig aan die gang te kry.

Die sekuriteitsmense was gelukkig oplettend en het besef daar ‘n slang in die gras is.

Hulle het die SAPD se hulp ingeroep en dié het ook vinnig opgedaag.

Ongelukkig het die dief weggekom, maar die skade aan my voeruig is gering.

Die sekuriteitsmense se name is Anton en Hendrik (ek weet nie wat hul vanne is nie).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button