School sportSport
Skitter seisoen vir hokkiespan
Die Hoërskool Stoffberg se o-15 hokkiespan het hierdie jaar weer ‘n skitterseisoen beleef en het, nadat hulle as Oos-Gauteng wenners uit die stryd getree het, gekwalifiseer om aan die Noordvaal kampioenskappe te gaan deelneem.

Dié toernooi is vanjaar in Middelburg gehou.
Baie van die spelers moes elke oggend, vir drie dae lank, douvoordag Middelburg toe ry en saans weer betyds wees om aan die skool se revue te kon deelneem.
Hulle het die toernooi skitterend begin deur die Hoërskool Kruinsig met 7-1 af te ransel en het daarna oorwinnings oor Overvaal (1-0) en Bergvlam (1-0) behaal, om deur te dring na die Noordvaal kwartfinale, waar hulle ongelukkig met 2-1 teen Dinamika vasgeval het.
Die span het vyfde uit die 16 deelnemende skole geïndig en ook as die span met die beste doelgemiddeld in die toernooi uit die stryd getree.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.