NewsSchools

Stoffberg se jong ekonome wys hul slag

Die Hoërskool Stoffberg se top ekonomie leerders het onlangs aan ‘n landswye komptisie deelgeneem, wat verlede jaar deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank geloots is.

Skole kon elk ‘n span van vier lede inskryf, wat ‘n essay moes inhandig oor die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Daarna moes die spanne oor ‘n tydperk van ‘n paar maande voorspellings maak oor wat met die ekonomie sou gebeur, deur moontlike patrone uit te wys en statisiese ontledings te maak.

Aanvanklik is 71 skole gekeur om deel te neem, waarna die top vyf skole genooi is om aan ‘n volgende rondte, in Sandton te gaan deelneem.

Hier is onderhoude met hulle gevoer deur verskillende belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse ekonomie, waaronder die president van die Reserwebank.

Stoffberg het vierde in hierdie kompetisie geïndig en die span het vir hulself verskeie groot pryse verdien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button