School sportSport

Dalview se eerste krieketspan beleef ‘n uitstekende seisoen

Die Laerskool Dalview se eerste krieketspan het 'n uitstekende krieketseisoen beleef.

Die span was die naaswenners van die jaarlikse KFC-reeks, waaraan 16 skole deelgeneem het.

Hulle het ook ’n ses-aan-‘n-kant-toernooi in Thabazimbi, waaraan vyf skole deelgeneem het, gewen.

Verder het dié uithalerspan ook die Blesbokspruit-krieketliga  gewen en uitgetree as naaswenners van die Easterns Liga.

Twee spelers, Nathan Steyn en Jayden Mostert, is ook verkies tot die Easterns o-13-span.

Die afrigters van die span is Morné Malot (regs) en Johan Giliomee.

Lees ook: Dalview se eerste krieketspan vaar goed op toer

Jong krieketspelers slaan ’n ses

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button