School sportSport

Dalview se eerste krieketspan beleef ‘n uitstekende seisoen

Die Laerskool Dalview se eerste krieketspan het 'n uitstekende krieketseisoen beleef.

Die span was die naaswenners van die jaarlikse KFC-reeks, waaraan 16 skole deelgeneem het.

Hulle het ook ’n ses-aan-‘n-kant-toernooi in Thabazimbi, waaraan vyf skole deelgeneem het, gewen.

Verder het dié uithalerspan ook die Blesbokspruit-krieketliga  gewen en uitgetree as naaswenners van die Easterns Liga.

Twee spelers, Nathan Steyn en Jayden Mostert, is ook verkies tot die Easterns o-13-span.

Die afrigters van die span is Morné Malot (regs) en Johan Giliomee.

Lees ook: Dalview se eerste krieketspan vaar goed op toer

Jong krieketspelers slaan ’n ses

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

Related Articles

 
Back to top button