School sportSport

Anker laat die paaltjies kantel

Alberton High was onlangs die gasheerskool vir Hoërskool Die Anker se o-15 krieketspan in die Eastern A-liga.

Tradisioneel is Alberton High een van die top krieketskole in die Easterns area en Die Anker moes hard werk om hulle te klop.

Alberton High het ‘n stewige 268 lopies in hulle 50 beurte aangeteken, met Damian Menezes wat vier paaltjies vir die besoekers laat kantel het.

Die Anker was van meet af aggressief met die kolf en het hulle teiken van 269 in die 32ste beurt met net drie paaltjies plat, bereik. Dit het aan hul ‘n oorwinning van sewe paaltjies besorg.

Vir Die Anker het Clinton Scott baie goed gekolf en het 80 van 93 balle aangeteken.

Hy is ook goed deur Tjaart Scheepers, Clayton du Plessis en Zander Botha bygestaan.

Related Articles

 
Back to top button