Local sport

Valke Jeugliga finale wedstyde op Bosman Stadion beslis

Die dag het vir jong spelers die geleentheid gebied om hul staal te toon.

Die Brakpan Rugbyklub het Saterdag, 19 September op Bosman Stadion, gasheer gespeel vir die finale wedstryde van die Valke Jeugliga.

Ligawedstryde en vriendelike wedstryde is gespeel, wat verseker het dat die program propvol was vir die hele dag.

Vier van Brakpan se spanne is in die eindstryde gewees, met drie van die spanne wat oorwinnings aangeteken het..

Die o10 en o13-spanne het albei gewen teen Boksburg, o10 met ‘n telling van 17-10 en o13 met dieselfde punte.


@brakpan_herald

O14 spanne van Brakpan Rugbyklub en Vereeniging Junior Rugbyklub in die Valke Jeug Liga finala draf uit by Bosman Stadion. #rugby #valkefinaal #brakpan #sport

♬ original sound – Brakpan_Herald

Die o14-span het vasgeval teen Vereeniging met ‘n telling van 26-5, maar die o18-span het met ‘n oortuigende oorwinning van 39-34 teen Vereeniging van die veld afgestap.

Altesaam is daar 17 ligawedstryde op die program gewees vir die A- en B-velde, saam met 14 vriendelike wedstryde wat meestal op die C-veld gespeel is.

Die skare was geesdriftig, met harde krete vir die skeidsregter wat gereeld gehoor kon word.

Beserings was ook nie skaars nie, maar die bekwame noodhulp amptenare was vinnig om die beseerde spelers te behandel, en waar nodig van die veld af te help.


Die o14 span in 'n skrum teen Vereeniging. FOTO: Charma du Plessis.

Vereeniging se o18 span reg vir die tweede helfte. FOTO: Charma du Plessis.

Brakpan en Vereeniging o18-spanne ding mee om die bal bal. FOTO: Charma du Plessis.

Brakpan o18 se Cjaan Visser na 'n skop pale toe. FOTO: Charma du Plessis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button