EntertainmentLifestyle

Steve Hofmeyr kom Pannefees toe

Musiekliefhebbers wat op 9 en 10 Oktober die Pannefees gaan bywoon sal bekende sangers soos Steve Hofmeyr, Gerhard Steyn, Chané Valentine, Armand Hofmeyr en Andries Hendrik Potgieter te siene kry.

Bekende 7de Laan akteurs Hennie Jacobs, wat die-altyd-opsoek-na-liefde Diederik speel, en die koelkop Zander oftewel Theodore Jantjies, gaan ook optree by vanjaar se Pannefees.

Die Pannefees word oor twee dae op die sportgronde van Laerskool Die Arend aangebied en beloof om ’n naweek volop pret vir oud en jonk te wees.

Nog ’n hoogtepunt van die fees sal die aanwysing van Mej Pannefees wees. Inskrywings is reeds oop vir Mej Pannefees en daar is verskeie ouderdomsgroepe waaronder meisies kan inskryf.

Mej Pannefees hoopvolles en diegene wat navraag oor stalletjies wil doen kan vir Martie Greyvenstein skakel by 082 461 9270.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button