EntertainmentLifestyle
Kom vier kerk se 90ste verjaarsdag
Brakpan se Nederduitse Hervormde Kerk is vanjaar 90-jaar oud en nooi die hele gemeenskap om die vieringe by te woon wat op Muriel Brand se skoolgronde plaasvind.

Die verjaarsdagvieringe begin op Vrydag, 18 September, met ’n ‘plakkerskamp’ wat opgerig word by dié skool in Muriel Brandstraat, Brenthurst.
Almal wat saam wil kamp, hetsy in ’n tent of karavaan, is welkom.
Saterdag word daar fees gehou vanaf 7.30vm. Feesgangers sal die K4 Offroad Alliansie groep se 4X4 vertonings te siene kry terwyl verskeie kunstenaars ook gaan optree.
Die feesnaweek beloof om iets vir jonk en oud te bied en daar sal genoeg eet- en drinkgoed beskikbaar wees.
Sondag sluit die vieringe af met ’n erediens om 10vm.
Vir meer inligting skakel Pieter Uys by 072 288 1291.



