CompetitionsLifestyle

Vandag (Vrydag) is jou laaste kans om R500 te wen

Springbok ondersteuners het nog net vandag tyd om foto’s in te stuur vir die Herald se fotokompetisie.

Die Rugbywêreldbeker word vanaf vandag (Vrydag) tot 31 Oktober, 2015, in Engeland aangebied, met die eindstryd wat op Twickenham beslis sal word.

Met die oog hierop is die Herald opsoek na die grootste Springbok ondersteuner op die dorp.

Indien jy ons met jou foto en ’n kort beskrywing kan oortuig dat jy die grootste Bokke ondersteuner is, kan jy ’n R500 koopbewys van Sherwood Pick n Pay losslaan.

Al wat jy moet doen is om ’n foto van jouself in te stuur wat uitbeeld dat jy die Bokke ondersteun. Dit kan ’n foto wees wat by ’n vorige wedstryd geneem is, of ’n foto wat jy spesifiek neem vir hierdie kompetisie.

Onthou net: ons wil sien dat jy ’n pure Bok ondersteuner is.

Neem kennis van die volgende:

Daar kan meer as een een persoon in die foto wees, maar die prys kan net aan een persoon toegeken word.

  • Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees. Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.
  • Die name, vanne en ouderdomme van almal op die foto moet verskaf word.
  • Die pesoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.
  • Foto’s kan per e-pos gestuur word na [email protected]
  • Meld die woord, ”Springbokke” in die onderwerpboks.
  • Foto’s kan ook by ons kantoor te Hendrik Potgieterstraat 25, Dalview, ingehandig word.
  • Skryf in 50 woorde of minder waarom jy ’n goeie Bok ondersteuner is.
  • Die sluitingsdatum is (vandag) Vrydag, 18 September, om 5nm.
  • Die koopbewys wat die wenner van Sherwood Pick n Pay ontvang sal nie vir kontant omgeruil word nie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button