Editor's choice
Opvolg: Bejaarde wat verdwaal is veilig by sy mense
Die bejaarde persoon wat vanmiddag by ‘n huis in Athlonelaan opgedaag het en nie geweet het wie hy is, of waar hy woon nie, se familie is opgespoor.
Simoné Therion, by wie se huis die man opgedaag het, het met hom na die Brakpan Begraafplaas gery, aangesien hy aan haar genoem het dat hy daar naby woon.
“Ons het verby die begraafplaas gery toe hy skielik vir my sê om stil te hou by ‘n huis,” het sy vertel.
“Ek was eers skepties maar sy dogter het na die voertuig gekom en was baie verlig toe sy haar pa sien,” het Therion bygevoeg.
“Die dogter het ook genoem dat sy hom al vroeër vandag as vermis by die Brakpan SAPD aangemeld het,” het Therion gesê.
“Ek is net baie verlig dat die oom nou weer veilig by sy mense is.”
Meer inligting sal volg
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



