Moet Strictly Broadway nie misloop nie
Inwoners van die dorp kan solank hul vere regskud vir ’n baie opwindende produksie wat op 9 en 10 Maart plaasvind.
Strictly Broadway beloof om ’n uitmuntende konsert te wees met agt soliste, ’n ensemble groep, die Helpmekaar Kollege koor en ’n volle, professionele simfonie-orkes onder leiding van die welbekende maestro, Richard Cock.
Boonop wemel die produksie van bekende gesigte wat nou bande met die dorp het.

Loriska Bubb, Lanie Coetzer en Lize-Marié Naudé is almal oud-leerders van Hoërskool Stoffberg en Jolindi Zietsman, wat ook op die verhoog te sien sal wees, is tans ’n graad 11 leerder van Stoffies.

Strictly Broadway vind om 3nm by die Holy Rosary School se pragtige en maklik toeganklike Bishop Shanahan Hall plaas.

“Kaartjies is te koop by Computicket, maar mense kan my ook persoonlik skakel by 082 940 9001 vir afslagkaartjies,” het Lanie Coetzer gesê.
Daar sal ook heerlike eetgoed vanaf 1nm te koop wees.
Lees: Strictly Broadway delivers spectacular performance
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



