Local newsSport

Skopboksers sluit jaar op hoë noot af

Vegters van die Fight Street XKT Klub in Carletonville het die naweek hul staal tydens 'n kragmeting vir gevorderde vegters in Pretoria gewys.

Dié klublede het Saterdag aan die Rise of the Warrior-kompetisie deelgeneem. Dit is by die Royal Elephant Hotel in Centurion aangebied en het aan meer gevorderde vegters die kans gegee om hul staal tydens volkontak-gevegte te wys.
Die dag was propvol aksie, met 10 gevegte wat deur die loop van die oggend gehou is, met nóg tien wat in die aand gevolg het.
Die vegters het in “low kick” en K1-gevegte, waar hulle ook hul knieë en ander houe kon inwerk, meegeding.
Nathan Sale, Charmaine Rabbolini en Alex Tuz het met goue medaljes weggestap.
Leeroy Robinson het die trofee as Vegter van die Kompetisie ingepalm. Hy het ook ‘n silwer medalje gewen. Tyron Fernandez het ook ‘n silwer medalje huis toe gebring.
Die klub het ook die prys as die klub met die meeste ondersteuning tydens die toernooi gewen.
Volgens die groep se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, was dit die vegters se laaste groot kragmeting van die jaar. Klublede gaan egter nog op 2 Desember aan graderings vir swart- en bruin gordels deelneem terwyl die klub op 25 November hul jaarafsluiting hou.
Die klub se professionele MMA-vegter, Mpumelelo “Zulu” Mngoma, gaan ook nog op 7 Desember aan ‘n EFC Africa professionele geveg teen Willie van Rooyen van Pretoria te staan kom.
Die geveg sal op die Supersport 210-kanaal uitgesaai word.
Inwoners wat in skopboks of MMA belangstel, kan Van Winkel by 072 143 9680 skakel.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button