Local newsSport

Fochville se jong skopboksster maak TV-debuut ná wêreldtitel

Die negejarige kampioen van Fochville verskyn op ’n DSTV-ontbytprogram ná sy onlangse internasionale sukses in Thailand

Liam van Wyk, die jong skopbokser van Fochville wat besig is om internasionaal naam te maak, gaan môreoggend sy debuut op televisie gemaak.

Die Herald het vroeër dié maand berig dat die negejarige Liam verlede maand vir die tweede keer ‘n wêreldtitel in dié sportsoort ingepalm het.

Liam, ‘n leerder van Laerskool Fochville wat deel is van die United Martial Arts International skopboksklub in Benoni, het tydens die byeenkoms as wenner van die afdeling vir vegters van 10 tot 12 jaar weggestap. Dié wêreldkampioenskap is in Bangkok, Thailand gehou.

Volgens Liam se ma, Gwen, het personeel van die DSTV kanaal 147 hulle gekontak na hulle die Herald se berig aanlyn gesien het.

Hy sal die oggend van Woensdag, 20 Mei, op die kanaal se ontbytprogram verskyn waar die aanbieders met hom oor sy prestasies gaan gesels.

Liam gaan aan die einde van Junie weer Suid-Afrika verteenwoordig by die African Continental Championship in Kameroen, en in September reis hy na Italië om deel te neem aan die World Association of Kickboxing Organisations se junior wêreldkampioenskap, waar hy weer Suid-Afrika op die wêreldverhoog sal verteenwoordig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button