Warriors-netbalklub wys hul staal in ligawedstryde
Carletonville-spanne behaal oorwinnings, maar moes ook nederlae in die Dr. Kenneth Kaunda-liga verduur.
Spanne van die Warriors-netbalklub van Carletonville het verlede naweek weer gewys van watter stoffasie hulle gemaak is tydens die jongste ronde ligawedstryde.
Volgens die klub se woordvoerder, Joe Bosch, het die spanne op 16 Mei aan wedstryde deelgeneem wat deel vorm van die Dr. Kenneth Kaunda-liga.
Die Warriors het onder meer ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Mosaic Warriors oortuigend met ‘n telling van 30-8 gewen. Die klub het ook die ligapunte vir hul wedstryd teen die Young Zebras ingepalm nadat dié opponente nie vir die kragmeting opgedaag het nie.
Alles het egter nie volgens plan verloop nie en die Warriors moes ook hard veg. Hulle moes ongelukkig met ‘n telling van 20-24 die knie teen Masekhane buig, terwyl die Panthers Ladies hulle met ‘n telling van 4-44 geklop het.



