Local newsSport

Carletonville se Warriors blink uit met ligatitel en top vier-plekke

Die Carletonville-klub se spanne het uitstekende vertonings gelewer, met die Vroue C-span wat as ligawenners gekroon is en die ander spanne ook in die top vier geëindig het.

Een van die Warriors-netbalklub van Carletonville se spanne het hul afdeling van die Kenneth Kaunda-liga in Potchefstroom gewen.

Die Warriors se Vroue A, B en C asook hul gemengde span het die afgelope drie maande kragte gemeet teen opponente van verskeie omliggende dorpe.

Die afgelope naweek het die Vroue C-span as wenners van hul liga uit die stryd getree.

Panthers 3 was tweede, NWU Staff derde en Potch College vierde.

In die afdeling vir gemengde spanne was Warriors A die naaswenners, terwyl Warriors B met die vierdeplek weggestap het.

“Ons is verskriklik trots, want al drie die spanne was in die top vier. Almal het hul harte uitgespeel. Dit was ‘n groot voorreg om hulle af te rig,” sê die klub se woordvoerder, Joe Bosch.

Sy voeg by dat die Warriors Saterdag ‘n pret netbaldag by Hoërskool Wonderfontein aanbied.

Seniorspanne, sowel as skole se eerste spanne, kan inskryf. Skakel 074 042 8520 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button