Local newsSport
Scorpions-rugbyklub behaal drie oorwinnings op eie veld
Die o.19-, o.21- en eerstespan lewer sterk vertonings, met twee 28-0-oorwinnings en 'n 39-26-sege oor Kagiso.
Al drie spanne van die Scorpions-rugbyklub het Saterdag skitterende oorwinnings behaal tydens kragmetings wat op Hoërskool Wonderfontein se velde beslis is.
Die o19-span het hul wedstryd met 28-0 gewen nadat die opponente nie ‘n span gestuur het nie. Hierna het die o21’s hul opponente van Kagiso met 39-26 verslaan.
Die eerste span het ook ‘n wegholsege van 28-0 behaal nadat die Wasps hulle span gekanselleer het.
Joe Bosch, die bestuurder van die Scorpions, sê hulle is tevrede met die spanne se prestasies.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



