Local newsSport

Scorpions se o.19-span deur na rugbysemi-finaal

Scorpions se eerste span wen vriendskaplike wedstryd teen Eldoraigne/Ennerdale, terwyl o.19-span plek in semi-finaal beklink

Twee spanne van die Scorpions-rugbyklub het Saterdag op die velde van Hoërskool Wonderfontein in Carletonville uitgedraf.

Volgens die klub se bestuurder, Joe Bosch, het die Scorpions Saterdag teen Eldoraigne/Ennerdale uitgedraf.

Dié twee klubs het saamgesmelt en neem nou as een aan ligawedstryde deel.

“Al vier ons spanne sou gespeel het, maar as gevolg van tegniese redes het die skeidsregters nie toegelaat dat van die wedstryde voortgaan nie. Die eerste en tweede span het net vriendskaplike wedstryde gespeel,” sê Bosch.

Scorpions se eerstespan het gewen terwyl die tweede span die aftog teen hul opponent moes blaas.
“Ons is baie trots op ons o19s-span wat deur is na die semi-finale toe. Ons wag om te hoor of die eerste span ook dalk deur is. Dit is vir ons ‘n riem onder die hart dat, hoewel ons klub maar net vir twee jaar bestaan, ons reeds spanne het wat na die semi’s deurgaan,” sê Bosch.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button