NewsNewsSportSport

Fochies se netbalmeisies bo

Hoërskool Fochville se o.16 A-netbalspan is besig om hul opponente oral ore aan te sit.

Dié span was onlangs die streekswenners en het in die finale rondomtalierondte met groter skole soos Randpark High van Randburg, Queens High School van Johannesburg en Hoërskool Florida afgereken.
Weens dié oorwinnings, gaan die span na die vakansie aan die Noordvaal byeenkoms deelneem.
“Die span word deur hul afrigters beskryf as fenominaal,” sê ‘n woordvoerder van die skool, mnr. Jaco Pretorius.
Die o.16A-span het ook die afgelope naweek aan die finaal van die Jomo-streekstoernooi by UJ deelgeneem en vyfde uit agt skole geëindig.
Hulle het al hul wedstryde met minder as vyf doele verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button