BlogsNewsNewsOpinions

‘Moenie van ons myners vergeet nie’

Ek is so omgekrap as ek dink Carletonville is ‘n myndorp en al die jare het die myners hierdie dorp aan die gang gehou.

Hulle het besighede ondersteun en ‘n heenkome geskep vir hul oudag en hul aftrede. Vandag word hulle egter eenkant toe gestoot en in die grond vertrap deur dié wat hulle al die jare gedra het.
Elke maand word daar by al hierdie winkels prysverlagings aangebied, maar eindig dit net voor die myn se pensioenarisse hul pensioene kry. Daar is nie een besigheid wat sal sê hul bied spesiaal vir hul mynpensioenarisse verlaagde pryse aan nie.
Van Merafong gepraat, ek dink nie eers daar was vergaderings gewees waar hulle gesê het hulle gee die mense net kans tot die 4de, dan word hulle beboet as hulle hul rekenings daarna betaal. Dis weer die mynpensioenarisse wat die spit moet afbyt.
As hulle krag koop van sê R150, word R90 afgetrek, want hulle rekening word as agterstallig hanteer. R60 se krag word toegestaan, waarvan 78,3 eenhede as belasting gevat word en 39,3 eenhede word aan jou toegestaan. Maar in die vergadering toe ek spesifiek daaroor gevra het, toe word dit gesê daar is grasie tot die 16de.
Net soos daar ander pensioenarisse is wat ook vir kinders of familie moet sorg, is daar ook mynpensioenarisse wat in dieselfde posisie is. Ek dink dis ‘n skande van Carletonville se besighede om die mynpensioenarisse so te behandel. Hulle is die mense wat al die jare die geld in die besighede se sakke gesit het.
Ek is seker al die mynpensioenarisse stem saam met my.
As daar ‘n winkel is wat begin om die mynpensioenarisse in ag te neem en ook na ons omsien met lae pryse, ondersteun ons ook net daardie winkel.
Dis tyd dat die besighede ook bietjie weet wie het hulle gedra het. As dit nie vir die myne se werkers was nie, het hulle nie bestaan nie. Vandag het hulle hul deel gegee maar al die voordele in ons dorp word hulle ontneem. En die rug word basies op hulle gedraai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button