NewsNews

Emerald se rustige pad in resiesbaan omskep – hier kom ‘n ding!

Motorsportgeesdriftiges kan gereed maak vir drie dae se adrenalienbelaaide aksie wanneer die Emerald Speed Fest van 28 Februarie tot 1 Maart in die Vanderbijlpark-omgewing aangebied word.

Die Herald se susterkoerant, Vaalweekblad, berig dat dié sporthoogtepunt reeds verlede jaar sou plaasgevind het, maar is tot 2020 uitgestel en nou het die tyd uiteindelik aangebreek.  Die voorheen rustige en gewilde pad wat deur die Emerald Resort & Casino se gronde loop, amper van voor die hotel in die rigting van die Animal World, is reeds besig om in ‘n resiesbaan omskep te word. Die wedrenne sal op dié 1,6km teerbaan plaasvind. Daar sal 12 klasse wees waarin meegeding sal word en besoekers sal die aksie van naby kan aanskou. Die “pit” areas sal ook oop wees vir toeskouers.

Die wedren word deur Messe Frankfurt Suid-Afrika aangebied en R500 000 se pryse en R50 000 vir die wenner van die “Master of the Mile” is op die spel. Daar sal 120 deelnemers in hulle super-wedrenmotors in aksie wees en dit beteken net een ding … moenie hierdie aksie misloop nie.

Behalwe vir die al die aksie op die baan sal daar ook baie vermaak langs die baan wees, soos ‘n motorskou en vermaak vir die hele gesin. Daar is verskeie kaartjies vir die naweek beskikbaar wat begin van R20 vir kinders onder 12 tot R250 vir al drie dae.

Besoek gerus https://tickets.computicket.com/event/emerald_speed_fest/7098320/7098346/13628.

Petrolkoppe kan nader staan vir pure plesier.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://vaalweekblad.com/57396/emerald-se-rustige-pad-resiesbaan-omskep-hier-kom-n-ding/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button