NewsNewsSportSport

Callies keer terug op ‘n hoë noot

Hoërskool Carletonville het die afgelope naweek hul terugkeer na die sportveld gevier deur in verskeie wintersporte te presteer.

Die skool het Saterdag, 23 April behoorlik fees gevier toe 10 skole se netbal-, hokkie-, skaak- en rugbyspanne by Hoërskool Carletonville teen mekaar meegeding het.
Die deelnemende skole was Callies, Hoërskool Zeerust, Steelcrest High School van Middelburg in Mpumalanga, Hoërskool Goudrif van Germiston, Hoërskool Bastion en Allen Glen High School van Roodepoort, Hoërskool Carel de Wet van Vanderbijlpark, Glenharvie Gekombineerde Skool, Hoërskool Wonderfontein en Carleton Jones High School.
“Ons was geseën met ‘n lieflike sonskyndag wat verseker het dat spel van die hoogste standaard te siene was in al die sportsoorte,” sê die skool se woordvoerder, me. Sandra Venter.
Calies se rugbyspanne het hulle goed van hul taak gekwyt deur vier van hul vyf wedstryde te wen.
Die eerstespan wen Bastion se tweede span 33 – 5 terwyl die tweede span CJ se eerstespan 18 – 14 geklop het. Callies se o.16 span wen CJ se tweede span 16 – 8 terwyl die o.15 span Zeerust 15 – 10 klop. Ongelukkig moes Callies se o.14 span die knie 14 – 18 teen Allen Glen buig.
Callies se netbalspanne het ook baie goed gevaar. Hoërskool Carletonville se eerstespan het Zeerust 37 – 7 in die stof laat byt, terwyl hul tweede span ook vir Allen Glen 23 – 8 geklop het. Ongelukkig moes Callies se o.17 span met ‘n telling van 2 -14 die knie teen Zeerust buig. Die o.16 en o.15 spanne moes ook met tellings van 8 – 21 en 6 – 8 teen Zeerust die aftog blaas. Callies se o.14 span het Zeerust egter 15 – 7 geklop. Callies se eerste hokkiespan het 0 – 6 teen Carel de Wet verloor. Die tweede span moes ook met ‘n telling van 0 – 1 die aftog teen Carel de Wet blaas. Callies en Glenharvie se o.15 spanne het met twee doele elk gelykop gespeel terwyl Callies en Bastion se o.14 spanne ook met ‘n doel elk gelykop geëindig het. Vier skole het met junior- en senior spanne aan die skaakkompetisie deelgeneem en Callies het algeheel tweede geëindig.
“Congratulations on an impressive and successful day. We would like to thank the principal, Mrs. Esmé Eksteen and the Management team, all staff members, SGB members, coaches, parents and learners. Your hard work and commitment to the school was greatly awarded by the success of the day. We would also like to make use of this opportunity to thank all participating schools and their staff for their sacrifices in order to participate on the day and thereby ensuring the success of the event,” het die skool amptelik na afloop van die dag gesê.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button